STILLE KUNSVEILINGREËLS

NG KERK HERMANUS -  ERTJIESVLEI PLAASKUIER - 5 DESEMBER 2026

Stille kunsveiling - Veilingreëls

 

  1. Doel
    • Annemarie du Plooy en Ans Lamprecht het elkeen 2 kunswerke geskenk wat opgeveil gaan word ten bate van NG Kerk Hermanus (Kunswerk of Kunswerke).
    • Aan elke Kunswerk sal ‘n unieke nommer toegeken word naamlik G1 tot G4.


  2. Veilingstyd
    • Bodde kan skriftelik of elektronies deur middel van e-pos gemaak word.
    • Die veiling open op Maandag 30 November om 08:00 en sluit op Vrydag, 4 Desember om 15:00 vir elekroniese bodde en Saterdag 5 Desember 2026 om 15:00 vir skriftelike bodde.
    • Geen laat bod sal aanvaar word nie.


  3. Bod proses
    • ’n Skriftelike bodvorm sal beskikbaar wees by die kerkkantoor vanaf Sondag 7 Desember 2026 en ook by die Ertjiesvlei Plaaskuier op 5 Desember 2026. Hierdie veiligreëls sal op die agterkant van die bodvorm verskyn.
    • Die bodvorm sal die volgende inligting bevat; datum en tyd van die bod, skilderynommer, volle naam van bieër, kontaknommer, e-posadres en bodbedrag.
    • Alle Skriftelike bodde moet in die verseëlde bodbus geplaas word by die kerkkantoor vanaf Maandag, 30 November 2026 tot Vrydag, 4 Desember 2026 om 15:00, of by die Ertjiesvlei Plaaskuier op 5 Desember 2026 vanaf 10:00 tot 15:00.
    • Bieërs wat ‘n elektroniese bod wil maak moet ‘n versoek per e-pos rig aan die Skriba by kerkkantoor@ngkerkhermanus.co.za. Die Skriba stuur daarna ‘n bodvorm en die veiling reëls aan die bieër terug per e-pos.
    • Die bodvorm word voltooi deur die bieër en word per e-pos gestuur vir aandag die Skriba by kerkkantoor@ngkerkhermanus.co.za.
    • Elektroniese Bodde moet ontvang wees teen Vrydag, 4 Desember 2026 om 15:00.
    • Die Skriba druk die elektroniese bod uit en plaas dit in die verseëlde bodbus.
    • Die datum en tyd wat die e-pos ontvang is, sal geag word die datum en tyd te wees waarop die bod ontvang is.


  4. Minimum bod
    • Elke kunswerk het ’n unieke nommer en ’n gepubliseerde minimum bedrag (Minimum Bedrag).
    • ‘n Bod sal slegs aanvaar word indien dit meer is as die Minimum Bedrag en in Rand aangedui word.


  5. Vertroulikheid
    • Bodbedrae bly vertroulik tot die sluiting op 5 Desember 2026 om 15:00.
    • Permanente kerkwerknemers en persone wat die veiling administreer of beoordeel, mag nie bie nie.
    • Persoonlike besonderhede word slegs vir die administrasie van die veiling gebruik.


  6. Geldigheid
    • Elke bod is bindend.
    • Meer as een bod per kunswerk word toegelaat, maar slegs die hoogste geldige bod van elke bieër tel.
    • Alle benodigde inligting soos vervat in paragraaf 3.2 en 3.4 moet verskaf word vir ‘n bod om geldig te wees (Geldige Bod)
    • ‘n Onvolledige of onleesbare bod sal as ongeldig verklaar word.


  7. Toekenning
    • Die voorsitter van die Fondsinsamelingsbedieng en die Skriba open die bodbus ná die sluiting op 5 Desember 2027 om 15:00 en bepaal die hoogste Geldige Bod per kunswerk.
    • By ‘n gelyke hoogste bod geniet die eerste ontvangde Geldige Bod voorkeur.
    • Indien geen Geldige Bod ontvang word nie, bly die werk onverkoop.


  8. Betaling en afhaal van Kunswerke
    • Wenners word per WhatsApp en e-pos in kennis gestel.
    • Volle betaling moet binne vyf besigheidsdae ná kennisgewing in die kerk se bankrekening ontvang word.
    • Oorhandiging geskied ná bevestigde betaling.
    • By wanbetaling kan die kerk die toekenning kanselleer en die werk aan die volgende hoogste geldige bieër aanbied.


  9. Ander kunswerke
    • Ander kunswerke wat ten toon gestel word en nie gemerk is as G1, G2, G3 of G4 nie, vorm nie deel van die veiling nie.