Missie

Ons Missie

Ons streef as God se mense en dissipels van Jesus Christus, ons Here:

• Om God in gees en waarheid te aanbid tydens inspirerende eredienste;
• Om Sy Woord te bestudeer en daarvolgens te lewe;
• Om vir mekaar en ander in nood om te gee;
• Om uit te reik na die nie-gelowiges hier en waar God ons mag stuur in die wêreld;
• Om gesinne te help om hulle verbondsverantwoordelikheid na te kom;
• Om ons jeug voor te berei om as Christene hulle rol in die samelewing te vervul;
• Om besoekers aan ons dorp die gemeenskap van gelowiges te laat beleef;
• Om saam met ander Christelike kerke ons verantwoordelikheid teenoor ons dorp en sy mense na te kom.

Ons Visie

Ons leef as God se mense tussen berg en see.

https://ngkerkhermanus.co.za/wp-content/uploads/2021/12/cropped-NGK_Hermanus_Logo_2021.png

Ons Logo

Die logo verbeeld ons visie om as God se mense hier tussen berg en see vir die Here te leef. Die kruis staan sentraal. Ons sien onsself as kerk by die kruis. Agter die kruis sien ons die skadu van die berg en die see van Hermanus. Hier dien ons die Here.