Wie is ons?

NG KERK HERMANUS

Ons noem onsself Die Kerk by die Kruis, want ons wil net kerk wees soos Jesus die Redder aan die kruis ons lei om te wees en ons sien ons roeping as kerk om in die wêreld, in die gemeenskap buite ons mure, ‘n verskil te maak. In die opsig is die kerk se posisie by die kruispad (sirkel) in die middel van die dorp vir ons simbolies van ons uitreik na alle rigtings om Jesus se Woord daar te bring.